Thursday, November 20, 2008
Suprize!
Mens kon dit seker maar verwag maar ek is nogals ontkant gevang deur die nuwe Lamborghini Gallardo LP 560-4 Spyder. Soos alle nuwe Lambo's is die een iets om te begeer en lyk asof dit in 'n kuns museum hoort. Verrigting is soos altyd uit die boonste rakke en alhoewel dit nog nie bevestig is nie, word daar gepraat van versnelling van 0 tot 100 km/h in 4 sekondes. Hier is nog so paar specs wat jou hare gaan droog blaas.
Enjin 90° V10
Verplasing 5204 cc / 317.57 cu in
Krag 412 kw / 552.5 bhp @ 8000 rpm
Torque 540 nm / 398.3 ft lbs @ 6500 rpm
Vraag is sal hy beter wees as die Ferrari F430 Spyder M16?
Ons sal maar moet wag en kyk.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment